Mev SA 2011 Lynné de Jager van Pretoria
Mev SA 2011 is Saterdagaand by Fancourt Gholflandgoed buite George gekroon.
Mev Lynné de Jager van Pretoria is as die wenner gekroon. Haar twee prinsesse is mevv Nozuko Dlamini (derde van links) en Jo-Ani Jacobs (tweede van regs). By hulle is die direkteur van Mev SA 2011, mev Joani Johnson van Mosselbaai, Mev SA 2009 en die hoofborg, mnr Christo Strydom, besturende direketeur van Bains Lodges International (Edms) Bpk. Heel regs is sy vrou Anita, ook ‘n direkteur van Bains Lodges International.
Dit gaan oor jou vorm en nie oor jou grootte nie
“Dit gaan oor jou vorm en nie oor jou grootte nie!” Dis die boodskap van die nuut gekroonde Mev SA 2011 Lynné de Jager van Pretoria.
De Jager, ‘n model en aktrise, glo dat dit belangriker is dat ‘n vrou aan die vorm van haar karakter en die grootte van haar hart geken word en beslis nie aan die feit of sy ‘n nommer 8 rok dra of goed in ‘n bikini lyk nie.
“Wanneer jy die dag trou betree jy ‘n nuwe faset van die lewe waar ander dinge belangriker raak as net jou voorkoms” het sy aan Die Burger gesê.
Lynné De Jager is Saterdagaand tydens ‘n spoggeleentheid by die Fancourt gholfbaan as Mev Sa 2011 gekroon
De Jager is Saterdagaand tydens ‘n spoggeleentheid by die Fancourt gholfbaan net buitekant George gekroon en die vermaaklikheidskunstenaar en sanger Amor Vitone was die seremoniemeester. Verskeie voormalige Mev SA’s plus Mnr SA en ander skoonheidskoniginnne was deel van die gastelys.
Die twee prinsesse, Nozuko Dlamini en Jo-Ani Jacobs kom ook van Gauteng.
Dlamini is ‘n bankier van Johannesburg en Jacobs van Hartbeespoortdam wat areabestuurder van ‘n bekende farmaseutiese maatskappy is.
Die Mev SA 2011-kompetisie is vroeër vanjaar deur me Joani Johnson, Mev SA 2009 gekoop en binne ‘n paar maande het sy die spogkompetisie bymekaar gesit en aangebied. Al die finaliste het saamgestem dat die kompetisie vanjaar ‘n nuwe hoogtepunt bereik het. Johnson en haar span het saam met die finaliste gesorg dat die wenner met pryse ter waarde van meer as R200 000 wegstap.
Elke finalis het ook ‘n groot verskeidenheid prag produkte ontvang.
Mnr Christo Strydom besturende direkteur van Bains Lodges International was die hoofborg van die Mev SA Kompetisie
Die hoofborg van die kompetisie is ‘n plaaslike sakeman van Groot Brakrivier met uitgebreide belange in die Vrystaat en Mosambiek. Mnr Christo Strydom, die besturende direkteur van Bains Lodges International (Edms) Bpk het ‘n kontant borgskap van R30 000 geskenk om De Jager se kostes te dek om in 2012 aan die Mev Wêreldkompetisie te gaan deelneem. Hy het ook onderneem om die bykans R7 000 lisensiegeld vir die deelname te betaal. Hierbenewens kry De Jager ook geborgde akkommodasie vir die hele jaar by die bekende Bains Game Lodge en Sangiro Game Lodge, albei in Bloemfontein. Geskenkbewyse van verskeie ander maatskappye in die Bains Game Lodges International-stal, is ook deur die finaliste gewen.
Mev Fotogenies is deur die tweede prinses Jo-Ani Jacobs gewen
Die finaliste het die afgelope week die Tuinroete deurkruis en is bekendgestel aan van die streek se mooiste en interessantste toeriste-aantreklikheide. Almal was dit eens dat die streek onder hul vel ingekruip het en dat hulle beslis saam met hul gesinne sal terugkeer.
Benewens die drie wenners is daar ook vier ander toekennings gemaak. Mev Fotogenies is deur die tweede prinses Jo-Ani Jacobs gewen. Dianne Erasmus van Groot Brakrivier as die Mev SA 2011 Sakevrou aangewys is.
Dianne Erasmus van Groot Brakrivier as die Mev SA 2011 Sakevrou aangewys
Dianne Erasmus van Groot Brakrivier as die Mev SA 2011 Sakevrou aangewys. Erasmus het die hoofborg gekry asook verskeie ander borgskappe ter waarde van bykans R180 000. ‘
Mokgadi Senoamadi van Tzaneen, is deur die finaliste en die beoordelaars as Mev Prettig (‘Congeniality’) aangewys
‘n SMS-kompetisie om die publiek se keuse te kry, het gegaan aan die tweede prinses Nozuko Dlamini. Mokgadi Senoamadi van Tzaneen, is deur die finaliste en die beoordelaars as Mev Prettig (‘Congeniality’) aangewys.


Post a Comment